Romeine 12:12

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Welkom By Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Malelane Gemeente! 

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, Malelane, is meer as net 'n gebou; dit is 'n geloofsgemeenskap wat leef om God te dien en Sy liefde sigbaar te maak in die gemeenskap. Ons strewe daarna om elke persoon te verwelkom, te bemoedig, en te inspireer om in hul verhouding met God te groei. Hier vind jy 'n ruimte waar jy in stilte kan aanbid, deur die Woord kan groei, en jou talente kan gebruik om ander te dien. Kom beleef saam met ons die wonder van God se genade en deel in ons pad van geloof.

Hoogte Punte

Ons het onlangs ons Leierskapweek suksesvol afgesluit, waar ons gemeenskapsleiers geïnspireer en toegerus het met waardevolle insigte om ‘n positiewe verskil te maak. Dit was 'n week gevul met geloof, groei, en samewerking wat 'n blywende impak op ons gemeente en gemeenskap sal hê.

Belangrikke Inligting

Bly op hoogte van ons nuutste nuus, projekte, en gebeure. Ons sien daarna uit om jou by ons eredienste en gemeenskapsprojekte te verwelkom.

Aandete

Datum en tyd: 30/05/25 ; 18:30

Plek: NHK Malelane Terrein

Basaar

Datum en tyd: 31/05/25 ; 8:00-Late

Plek: NHK Malelane Terrein

4x4 Naweek

Datum en tyd: 27-29/06/25 ; 8:00 - Late

Plek: Malelane skiet club

Rolbal en burger aand

Datum en tyd: 4/1/07/25 ; 18:00

Plek: Malelane rolbal klub

Wynveiling

Datum en tyd: 01/08/25 ; 18:00

Plek: TBO

Dames Oggend

Datum en tyd: 09/08/25 ; 8:00

Plek: NHK Malelane Kerkgebou

“Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.” – 1 Korintiërs 16:14

Vou Hande Saam in Gemeenskap